Tzaneen Swaarvoertuie Bk het ontstaan in 1987 met Mnr Fred Osmers as lid van die Bk. Die besigheid het oor die jare uitgebrei vanaf vragmotors, tot trekkers en implemente. Ons het die Landini trekker agentskap bekom in 1994 , ons is ook die plaaslike agent vir Volvo konstruksie masjinerie asook Isuzu vragmotors in Tzaneen en omgewing. Ons beskik ook oor n tak in Polokwane.

Gebiede wat deur ons bedien word is Tzaneen, Duiwelskloof, Mooketsi, Soekmekaar, Levubu, Louis Trichardt, Messina

Hoedspruit, Phalaborwa,Gravelotte, Letistele en alle gebiede tussen in

Ons Polokwane tak bedien die volgende,Polokwane, Dendron, Vivo, Potgietersrus, Tom Burke, Levubu, Louis Trichardt, Messina en alle gebiede tussen in.

Mnr Fred Osmers en Daan Oosthuizen is vanaf 1972 verbonde aan die verkope van vragmotors, trekkers en implemente en het ons n toegewyde span wat hulle bystaan om die beste

diens te verskaf aan al ons toekomstige en huidige kliënte.

Ons beskik ook oor n volledige toegeruste werkswinkel en verskaf ons ook velddienste. Ons onderdele afdeling kan u help met enige onderdeel wat u benodig. Indien ons dit nie

in voorraad het nie kan ons dit die volgende dag vir u beskikbaar hê.

KOM LOER GERUS BY ONS IN OF KONTAK ONS OM U TE KOM BESOEK